Niku, die koerier / W.F.H. Visser

R100.00

Die hoofkarakter in hierdie boeiende verhaal is Niku Kropan, die Poolse Sigeurerseun, en die agtergrond die Pole van 1944, waarin die Poolse Geheime Leër verbete veg teen die Duitse soldate wat hulle land beset het. Nikus word koerier, iemand wat berigte oordra en van wie daar onverbiddelike gehoorsaamheid en stilswye geverg word.

As gevolg van ‘n vreemde sameloop van omstandighede kom Niku en sy sigeurermaat Victor in die hoofstad Warschau aan waar hulle midde-in die gevegte beland en daar baie van hulle geverg word onder senutergende omstandighede. Dit is hier waar elkeen deur die oorlog getoets word en of as held na vore tree of as lafaard uitgewys word.

Niku die koerier is al vir verskeie tale vertaal en het onder meer verskyn in Amerika, Engeland, Holland Denemarke, Swede Finland en Italië. Dit het ook ‘n gesogte kinderboekprys veower.

1 in stock

SKU: JEUG.WAV.005/8/20 Categories: ,

Description

HAUM

Afrikaanse uitgawe 1971

Hardeband met mooi stofomslag

Oorspronklike titel: Niku de koerier

Vertaal deur Johan Smuts

Illustrasies deur Jenny Dalenoord