Description
Tafelberg
Eerste sagtebandbanduitgawe 1985
Sagtebandboek met mooi gekleurde voorblad, naam van ‘n vorige persoon voorin geskryf
Illustrasies deur Katrine Harries
Bekroon met die Scheepersprys vir Jeuglektuur
R120.00
Alba Bouwer het geen bekendstelling by die Afrikaanse leserspubliek nodig nie. Haar eerste bundel, Stories van Rivierplaas, het reeds’n besondere plek in die letterkunde verwerf, en dat Nuwe Storiese van Rivierplaas ‘n waardige opvolger is vir daardie eerste bundel, is nie te betwyfel nie.
“Die kunstige tekeninge van Katrine Harries is weer daar om by te dra tot die bekoring van die sketse en al die beminlike figure met wie ons in die eerste bundel kennis gemaak het. ALie met haar dun beentjies en haar wit koppie en haar wonderlike drome; Lulu met haar donker kopie en haar stewige kniekoppe en haar heerlike avontuurlus, ou-Melitie met haar klingelende armbande en haar simpatieke insig in die kinder hart, oom Jan en Tant Lenie en Hennie – almal is weer in hierdie bundel, net so suiwer en eg gebeeld toos in die eerste een.” – Audrey Blignault –
1 in stock
Tafelberg
Eerste sagtebandbanduitgawe 1985
Sagtebandboek met mooi gekleurde voorblad, naam van ‘n vorige persoon voorin geskryf
Illustrasies deur Katrine Harries
Bekroon met die Scheepersprys vir Jeuglektuur