Nooit is ‘n lang, lang tyd / Anchien Troskie

R70.00

Dié lekkerlees-roman herinner ’n mens sterk aan die werk van Jodi Picault en Joanna Trollope. Drie vriende (in hul veertigs) gaan hou saam vakansie langs die see. En in ’n oogwink verander ’n jare lange standvastige vriendskap in ’n stormagtige moeras. Karien kom vroeër terug huis toe, ná sy ontdek haar een beste vriendin het haar man verlei, Daleen kom uiteindelik met die sak patats te vore dat sy eintlik gay is, en net te bang was om haar twee boesemvriendinne met die waarheid te vertrou, en Amelia sit tussen die duiwel en die diep blou see – verlig dat sy eindelik die waarheid oor haar egbreuk vertel het, maar diep hartseer oor die verbrokkeling van ’n kosbare vriendskap.

Dis ’n meesleurende roman – heerlike chick-lit in Afrikaans. Deur ’n skrywer van wie ons NOG BAIE gaan hoor. – NB BOEKE webblad –

Out of stock

SKU: FIKSIE.SON.062/11/16 Category:

Description

Uitgewer: Kwela Boeke

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2008

Toestand: Sagteband in redelike toestand, puntjies effens gebuig