Op soek na Generaal Mannetjies Mentz / Christoffel Coetzee,

R120.00

Daar loop gerugte van twee honde en ‘n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-ekskorts in die poorte voorlê en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers tot selfs die pakdiere.

Drie boere loop aan die spits van die geheime Wraakkommando, die dierlike haaslip. Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg.

Out of stock

Description

Uitgegee deur Quellerie Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1998

So goed as nuut met omslag

Hardeband met omslag in nuwe toestand, kaart voorin die boek gedruk wat verbandhou met die storielyn.

Wenner van die De Kat / Sanlam Romanwedstryd.