Ou Kanniedood kom huistoe / Pieter Pieterse

R80.00

Baasman Benade, geharde alleenloper en onverskrokke vegter, skroom nie om in oorlogtyd wapens te vervoer onder die neus van die vyand nie. Hy en sy geliefde groen vragmotor sien vir enigiets kans. Maar die oorlog in Angola besorg hom ook ‘n ande vrag wat hy met moeite hanteer: ‘n beeldskone jong non en vier kinders, van wie die jongste sewe maande oud is. Hulle vlug uit Angola is dramaties, soms vreesaanjaend, maar nie sonder humor nie.

Om die lewe te behou, is hulle begeerte maar in der waarheid is elke karakter op dié tog vir hom of haar ‘n nuwe beter lewe aan’t verdien: Baasman se suster, Jennie, koppige Magriet wat van haar selfsug ontslae moet raak, hakkelende Stoffel wat sy oordrewe vrese moet oorwin, aanhanklike Tattie en klein Bennie wat onbegrypende deur dik en dun moet saam.

Pieter Pieterse werk knap met spanning en intrige. Sy buitegewone avontuurverhaal bied veel om te geniet en om oor na te dink.

Out of stock

SKU: JEUG.RHS.005/3/19; JEUG.RHS/006/5/21; JEUG.(B).004/09/02/24(SUR); JEUG.(C).005/09/02/24(SUR) Category:

Description

Tafelberg

Derde druk 1988

Ou skoolboek in sagteband met stempels en potloodaantekeninge, met gewone verweer van gebruik