Description
Uitgegee deur Corals Publishers
Vyde druk 2011
Hardeband soos nuut, die skrywer het ‘n boodskap geskryf aan vorige eienaar voorin die boek
Setwerk: Tanya dos Santos
R200.00
Resepte en stories van gister neem jou deur plattelandse geskiedenis en spoeg jou uit in ouma se plaaskombuis.
Na 10 jaar op die rak, nog steeds ‘n treffer!!
Die boek is propvol fotos in sepia met resepte en stories tussenin – ‘n regte nostalgiese boek. Dis nie by uitstek net ‘n kookboek nie en word bloot hier geklassifiseer.
Hierdie boek is meer as net ‘n resepteboek. Dis ‘n reis deur ouma se kombuis en ‘n reis deur ons Afrikaner geskiedenis. Die hele boek is gedruk op sagter papier en al die fotos is in sepia (bruinerige verouderde) kleur gedruk. Daar word ook fotos van ander huisraad soos stowe en strykysters uit die verlede gewys. Ook interessante ou advertensies, boererate (soms nog in ou Nederlands om aan te pas by die verouderde voorkoms van die boek. Sommige resepte is sommer nog in die handskrif van iemand uit die verlede – alles is so nostalgies. Daar is tot ‘n ou storietjie (met ‘n foto) van oom Andries van den Heever van Petrusburg wat so met sy gewig gesukkel het.
Out of stock
Uitgegee deur Corals Publishers
Vyde druk 2011
Hardeband soos nuut, die skrywer het ‘n boodskap geskryf aan vorige eienaar voorin die boek
Setwerk: Tanya dos Santos
Gratis 'shipping' vir bestellings oor R750, ons lewer slegs in Suid-Afrika af. Kies asb "Free Shipping" in by 'check out' en maak seker u address is reg. Dismiss