Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste druk, 1977
Toestand: Hardeband met s.o. x bibboek en stempel en sakkie
R95.00
Dis somer en vakansietyd op Heroldsbaai. Dommie, Tim en Ansie boer in die water. As ‘n mens na hulle kyk en luister, sou jy nie sê dat daar ‘n paar dae gelede iets skrikwekkends met hulle gebeur het nie. Nee, wat in die donker Saasveld-woud gebeur het, daarvan probeer hulle vergeet. En die saak is buitendien nou in die hande van die polisie, wat ‘n reus van’n baardman, ‘n regte hippiemeisie en die se vriend soek.
Dommie-hulle wil vergeet van die oomblikke toe hulle in ‘n verweerde houthut opgesluit was en die vlamme van ‘n kampvuur nader gekruip het. En van die vreemde dinge waarvoor Baardman-hulle daar by die hut gepraat het : mense wat gewaarsku, en goed wat op ‘n ander plek afgelaai moet word, en dat hulle nie alles vir ‘n sekere Barry hoef te vertel nie.
Hulle gee nou aandag aan ander sake. Dommie het byvoorbeeld ‘n probleem met Ans. Sy maak hom so deurmekaar as sy van kys praat en Tim, die slim Johannesburger, sien alles raak…
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste druk, 1977
Toestand: Hardeband met s.o. x bibboek en stempel en sakkie