Rebel / Tertia Botha

R55.00

Robbie voel die lewe behandel hom erg stief. Hy is net gedurig in die moeilikheid. Omdat sy huiswerk nie gedoen is nie, modat hy slordig skryf, omdat sy kamer nie netjies is nie – niemand verstaan hom nie!

En vandag, toe hy vir die eerste keer Spek Venter in die honderd meter klop, en Spek met hom skoorsoek en hy hom net een ou houtjie gee, toe is MeneerPreller ook nog vir hom kwaad. En by die huis moet hy hoor dat sy pa hom moreoggend in die studeerkamer wil sien…

Wegloop klink vir hom na die enigste uitwer – totdat Ix op die toneel verskyn met sy eienaardige praatjies oor ‘n ander planeet en snaakse blink “transisiepakke”. Van pure nie weet wat om anders te doen nie, laat Robbie hom ompraat om so pak aan te trek. Dis tog maar net ou Ix se verbeelding wat oortyd werk, sê hy vir homself. Maar toe hy weer sy oë uitvee, is hy in ‘n wêreld wat net mooi niks lyk soos die een wat hy ken nie…

1 in stock

SKU: KIN.ELS.001.8/17 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1994

Bandontwerp deur Jacqui Colley gebaseer op skildery McGregor deur Simon Jones

Die boek is bekroon met die Brons Sanlam-prys vir Jeuglektuur, 1994

Sagteband met mooi gekleurde voorblad, boek het stempels en plakkers van ‘n biblioteek voorin, blaaie vergeel maar boek nog in mooi toestand, sellotapemerke aan binnekant van boek se buiteblad

R55