Leeus met letsels (Skooluitgawe) deur Fanie Viljoen

R45.00

Buys voel soos ‘n vreemdeling in Londen – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa in ‘n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevare. ‘n Mensvreter-leeu sluip in die reservaat rond op soek na sy volgende prooi… Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in sy hart, te verwerk?

Out of stock

Description

Human & Rousseau

Eerste skooluitgawe 2013

Boek bestaan uit Deel 1 wat die storie vertel, deel 2 met vrae en aktiwiteite en deel 3 wat die Roman as genre bespreek.

Sagtebandboek in goeie toestand maar 3 bladsye in deel 2 is propvol aantekeninge met ‘n swart pen – res van die boek is skoon en netjies.

R45