Rewolusie van die hart / Adriana Faling

R120.00

Dit is 2010 in Egipte. Saleh Samir vlug vir haar en haar ongebore baba se lewe. Haar fanatiese Moslem skoonfamilie het ‘n fatwa oor haar en haar man Ashraf uitgespreek weens hulle oorgawe na die Christendom. Sy is bang en alleen en maak staat op die goedheid van ander gelowiges vir haar veiligheid. Dit word ‘n reis van geloof en vertroue in haar nuwe Verlosser.

Terselfdertyd, in Pretoria, is Salomé Pretorius in ‘n innerlike stryd gewikkel. Sy sukkel om vrede te maak met haar predikantman, Petrus se roeping om die vervolgde kerk in die Midde-Ooste te dien. Salomé is dikwels op haar eie en moet die huishouding en haar beroep as musiekonderwyseres balanseer, terwyl sy haar man voortdurend moet verdedig. Gelukkig help Salomé se vriend Dirk haar soms…

Deur ‘n goddelike sameloop kruis Saleh se pad met dié van Petrus. Hul wêrelde word met mekaar verweef teen die spannende agtergrond van die rewolusie wat hom afspeel in Egipte in 2011.

Albei vroue beleef ‘n innerlike rewolusie – een wat vir albei ‘n radikale hartsverandering tot gevolg gaan hê.

1 in stock

SKU: FIKSIE.EPI.004/5/24; FIKSIE.ALG.027/29/1/22 Category: Tags: , , , , ,

Description

Lux Verbi

Eerste uitgawe eerste druk 2004

So goed as nuut, opgedra aan die vorige eienaar en geteken deur skrywer