Ses bakens / Miemie-Louw Theron

R60.00

Ses Bakens is ‘n historiese roman wat die geskiedenis van Suid-Afrika dek oor die tydperk 31 Mei 1902 tot 31 Mei 1961. Dit is gewigtige jare in die wordingsgeskiedenis van ‘n jong volk wat geroepe skyn te wees om swaar te dra aan sy kruis.

Hierdie feiteverhaal wat deur die skrywer aan die jeug van haar volk opgedra is, is geen koue relaas of blote geskiedenisboek nie. Baie behendig vleg die skrywer ‘n gevoelvolle verhaal deur die gebeure. So word geskiedkundige feite ‘n verhaal van mense en die lotgevalle van Suid-Afrikaners.

Hier het ons die wel en wëe, die voorspoed en terugslae van ‘n volk in wording. Die jongmense, veral, kan dankbaar wees vir die verskyning van Ses Bakens. 

Dis ‘n dramatiese vertelling oor die hoogtepunte in ons geskiedenis en boeiende grepe uit die mees veelbewoë jare in die groei en ontwikkeling van die volk. Dit speel alles af tussen Kaapstad en Pretoria.

1 in stock

SKU: FIKSIE.PAR.020/11/18 Category:

Description

JP van der Walt en seun,

1965,

Hardeband sonder stofomslag in mooi toestand