Sit ‘n deksel op jou sorge, en lag! / Barbara Johnson

R70.00

Met Barbara Johnson het sorge nie ‘n kans nie!  Met ‘n instelling van liefde en ‘n  hart wat oorloop van vreugde, leer Barbara JOhnson jou hoe om nie net die lewe te deurstaan nie, maar dit boonop te geniet!

Sit ‘n deksel op jou sorge, en lag! is gevul met bittersoet stories oor Barbara Johnson se reis deur die mynvelde van die lewe en haar verstandige en bemoedigende antwoorde op breiwe van bedroefde ouers.  As ‘n bonus eindig elke hoofstuk met ‘n skreeusnaakse versameling ‘tranediefies’.  Sy wys die weg vir ander aan deur van haar eie swaarkry te vertel met vrae soos:

  • Wat doen ek wanneer my kinders my hart breek?
  • Hoe kan ek my van ‘n geliefde losmaak?
  • Hoe kan ek vergewe en vergeet?
  • Wat is naas liefde die belangriskste ding wat ouers vir hul kinders kan gee?
  • Sal ek ooit weer kan lag?  Hoe lank gaan ek nog treur?

Duisende mense beskou Barbara Johnson en haar opbeurende humoristiese wyshede as ‘n geskenk van liefde en ‘n lag uit die hemel.  

Out of stock

SKU: FIKSIE.DON.023/2/11/23(SUR) Categories: , , , Tags: , , , ,

Description

Struikhof

1994

Sagtebandboek met glansvoorblad in redelike toestand, stempels op voorste binneblad

Oorspronklik in Engels uitgegee onder die titel Pack up your Gloomees in a Great Big Box, then Sit on the Lid and Laugh!

In Afrikaans vertaal deur Dalene Muller

Voorwoord deur Johann Symington