Description
Uitgewer: Klub Dagbreek
Datum Eerste uitgawe, eerste druk 1981
Toestand: Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad in puik toestand
R100.00
Amanda en haar suster Louise woon alleen op ‘n afgeleë plaas in die Vrystaat. Hulle ouers is dood en in die donker dae van die Anglo Boere Oorlog is al troos wat hulle het, die haastige besoeke van Pierre le Richen en Johan Theron, altwee verkenners van die Boerekommando’s.
Johan Theron is verlief op Amanda, maar toe hy sien dat Pierre en Amanda op mekaar verlief is, wen hy hom na Louise, die jonger suster. Johan kan Amanda nie vergeet nie en sy haat en jaloersie laat hom donker planne beraam oor hoe om van Pierre ontslae te raak en Amanda te probeer terugwen.
Een aand sien Amanda ‘n ruiter op ‘n swart perd bo-op die koppie naby hulle huis. Wie kan dit wees? ‘n Kakie wat op hulle spioeneer? Maar dan is sy skielik seker dat dit die beroemde spioen Swartbaard moet wees.
Sy vra Pierre en Johan uit oor Swartbaard en is hoogs ontsteld toe sy hoor dat daar ‘n beloning is vir die persoon wat hom lewendig of dood aan die Engelse uitlewer. ‘n Groot vrees kom oor Amanda. Sy wens ys kan die waaghalsige ruiter ontmoet. Sy wil hom graag help, maar sy sien hom net altyd op ‘n afstand en begin romantiese stories om hom weef…
3 in stock
Uitgewer: Klub Dagbreek
Datum Eerste uitgawe, eerste druk 1981
Toestand: Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad in puik toestand