Description
Tafelberg
Eerste uitgawe 1978
Hardeband met stofomslag, effens verweer op hoeke, kante en rugkant, binnekant in goeie kondisie
R85.00
Kalahari toe! Wat ‘n vooruitsig. Om met Landrovers die duine plat te ry en al die interessanthede te sien, en om saans om die kampvuur te sit en luister na die stories terwyl die wildsvleis oor die kole sis! Maar die Kalahari is groot en sanderig en warm en eentonig. As die brandende son vergeet om te sak, wens jy die nag met sy bttere koue wil kom. Dit is uitmergelend, die dae se skommel en skud in die horisonlose woestyn en die nagte se bibber en beef. Tekkies voel hy wil iets oorkom. En dan is die twee Duitsers boonop so onaangenaam. waarom hulle ooit saamgekom het, weet Tekkies nie. Klippert met sy alewige hoofpyne si byna nooit bydie vuur nie, en hulle vragmotor staan altyd eenkant.
Dan begin onverklaarbare dinge te gebeur…
1 in stock
Tafelberg
Eerste uitgawe 1978
Hardeband met stofomslag, effens verweer op hoeke, kante en rugkant, binnekant in goeie kondisie