Tessa weer tuis / Elizabeth Stander

R50.00

Tessa het aan die einde van haar eerste jaar op hoërskool gekom en met ‘n sug van genoegdoening uitgesien na die heerlike lang vakansie wat soos ‘n droom voor haat uitgesterk gelê het. Wat kon nou heerliker weer as ‘n vakansie tuis waar sy na hartelus saam met haar maats in die swembad kon baljaar … of op die tennisbaan … of op die De Vaals se wipmat!

Maar vir haar het daar ‘n groot skok voorgelê in die persoon met die heuningdruppende stem wat al ewig met haar pa oor die telefoon wou gesels – die opdringerige vrou met haar rooi hare en aangeplakte vriendelikheid, maar wat vir Tessa geen goeie woord gehad het nie.

Maar vir Tessa was daar darem ‘n ligstraal in die vorm van haar verpleegstervriendin wat nou nader aan haar kom woon het sodat hulle mekaar meer gereeld kon sien.

Out of stock

SKU: JEUG.KLE.013/19/7/22 Category:

Description

Uitgewer: JP van der  Walt en seun

Tweede druk 1974

Toestand: Hardeband met stofomslag met plakkermerk op voorblad, boek is nog in redelike goeie toestand, hier en daar ‘n vatmerk in die boek en klein skeur op een bladsy

Reeks: Tessa-reeks nr. 5

Die Tessa-reeks word geskryf deur Elizabeth Stander (skuilnaam van Ela Spence).

  1. Tessa en die tente-trek (1967)
  2. Tessa van Tellerstraat (1967)
  3. Tessa en die tienerbende (1968)
  4. Tessa by die Therons
  5. Tessa weer tuis (1969)
  6. Tessa en die trourokke (1970)