Vabond / Sterling North

R140.00

Sterling North is wêreldwyd bekend as skrywer oor diere in die wildernis en met Vabond het hy die gesogte Dutton Animal Book Award verower vir die beste Amerikaanse diereverhaal in 1963.

Hierin word die ware verhaal vertal van ‘n seuntjie se liefde vir ‘n ongewone troeteldiertjie: ‘n wasbeertjie. Die jaar van hul vriendskap word met liefde, ‘n sin vir avontuur en ‘n diep hunkering na verbygegane skoonheid oorvertel. Die leser maar nie net kennis met die beminlike, ondeunde en verrassen slim wasbeertjie nie, maar kry ‘n blik wat in baie opsigtenou aansluit by die wêreld wat vir die Suid-Afrikaanse kin so bekend is: die plaaslewe, ‘n ongerepte natuur, bos en veld wat elke oomblik nuwe wonderlike verrassings bied vir einigeimand wat sy oë oophou. Die verhaalelement in die boek is sterkt genoeg om enige kind end-uit aan die lees te hou. Maar daarby kom ‘n beeld van ‘n hele tydperk – die vroeë jare van die eeu – en ‘n baie positiewe instelling teenoor die lewe : dat liefde en vrede belangriker is as haat en geweld…

1 in stock

Description

HAUM

Eerste Afrikaanse Uitgawe 1972

Hardeband boek met los stofomslag, stempels in boek

Omslagontwerp deur Valerie Phipps-Smith – gebaseer op ‘n tekening deur John Schoenherr

Oorspronklike titel: Rascal – 1963

In Afrikaans vertaal deur Chris van Lille