Description
Uitgewer: Lux Verbi
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1992
Toestand: Sagteband met rooi glansvoorblad , boek nog skoon en netjies
R60.00
In die Rigtertyd het elkeen in Israel eenvouding gedoen wat reg was in sy eie oë. Daarom het God kwaad geword vir sy volk en hulle in die mag van hul vyande oorgegee. Maar… Die Here het leiers na vore laat tree. Gewone mense, krom en skeef soos ons ook maar is. Maar Hy gebruik hulle om ‘n slag vir Sy koninkryk te slaan. Daar is Barak wat aan die rokbande van ‘n vrou vashou: Gideon wat in ‘n parskuip wegkruip; Simson wat lief is vir wilde avonture en vreemde vroue…
Maar wanneer God ingryp, word hulle bruikbaar, styg hulle uit tot groot hoogtes en slaan hulle slae vir sy volk. Ongelooflik1
God gryp vandag nog so in in ons lewens. Hy doen dit deur ons Here Jesus wat ons tekortkominge op Hom geneem het en die straf op ons sonde gedra het.Wanneer God ingryp is ‘n boek vir elkeen wat opnuut die hand van God in sy lewe wil raaksien. Ideaal geskik vir persoonlike en groepbybelstudie, wyksbyeenkomste en bidure en ook as preekstof.
1 in stock
Uitgewer: Lux Verbi
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1992
Toestand: Sagteband met rooi glansvoorblad , boek nog skoon en netjies