Sale!

Wilde Rose van Galilea / C.van Loggenberg

R70.00 R55.00

Toe Jesus van Nasaret hom oor die blinde Romeinsie meisie Marcella ontferm het, het daar twee wonderwerke geskied. Nie alleen kon sy die skoonheid van die natuur sien in die wilde rose nie maar ook die Lig van die Nuwe Lewe het vir haar geskyn.

So het Marcella een geword met die mense in wie se lewe ‘n Nuwe lig gekom het in daardie wonderjare toe Christus op aarde gewandel het, mense soos Stefanus die Griek, Ione, sy suster, Maria van Magdala en die baie ander dissipels. Sy het een geword van diegene wat Sy triomftog na Jerusalem aanskou het, en later Sy smadelike veroordeling voro Pontius Pilatus. Sy het ‘n uitverkorene geword wat later sou moes ly om Sy ontwil.

In hierdie boek word by die leser herinneringe opgeroep van ‘ ngeskiedenis wat vir om heilig is, sien hy bekende tonele teen ‘n nuwe agtergrond van die verbeelding en stap hy saam op paaie wat deur die Meester betree is.

1 in stock

SKU: FIKSIE.OLD.291/2/20 liz Category:

Description

Hardeband, Nasionale Boekhandel Beperk, 1964,

Boek se buiteblad toon ouderdom, een hoek op rugkant effe beskadig, klein blok geverf op onderkant van rugkant, klein skraap op voorblad. Inhoud nog goed. Vorige boekwinkel se stempel en prys voorin geskryf en stuk van die boek se flapteks op binneblad geplak.