24 Oktober 1940 –
Schalkie van Wyk Louié Schalkie van Wyk is op 24 Oktober 1940 in Bloemfontein gebore en woon vandag in Johannesburg. Sy sê haar geboorte was ’n rampspoedige gebeurtenis, want sy moes ‘n seun gewees het. Die sproete op haar neus het sy al by geboorte gehad, en dat sy meer plooie as plekke het. Sy is Louié Schalkie, vernoem na haar Duitse oupa. Sy het op Vredefort skoo gegaan, BA-Tale aan Tukkies gestudeer, en op die tere ouderdom van 21 is sy aangestel as redaktrise van die kinder- en jeugtydskrif, Patrys. Dertien jaar later het sy voltyds kleuter-, jeug- en klubboeke begin skryf. Later het sy ook radioverhale begin skryf en ook ‘n Engelse boek, “Old Soldiers Never Cry”, onder die naam, Louié Heine. Sy het meer as 100 boeke en ook 12 vervolgverhale geskryf en was verantwoordelik vir vier kinderplate. Sy was lank met die skrywer, Mike Heine getroud — die man wat haar geleer het dat liefde nie net ‘n sprokie is nie. Hulle het ‘n seun, Charles George. en ‘n dogter, Michelle-Philippe. Michelle woon tans in London en is die belangrikste mens in Schalkie se lewe. Haar hondjie, Muffin, is nou te oud om saam met haar te stap, daarom gim sy elke oggend. Sy werk graag in haar tuin en sny nog self die gras. Sy is baie lief vir mense, koek en sjokolade, en sy het altyd ‘n hekel gehad aan telefone en vet – haar vet – want sy moes daarmee saamleef. Sy is jaloers op mense met baie kinders maar hoop om eendag ‘n dosyn kleinkinders te hê. Om te kan skryf is vir Schalkie loutere genot, moontlik omdat sy nog altyd glo dis nie sy wat skryf nie, maar haar Skepper wat deur haar skryf.. Sy skryf omdat dit pret is en sy absolute genot ervaar. In haar verhale deel sy haar droomwêreld met haar. Schalkie van Wyk het talle liefdesverhale geskryf wat die volgende insluit:
- Aan die einde van die reënboog
- Agter donker sluiers
- Anderkant die wolke – liefdesroman
- Anderkant more wag geluk – liefdesroman
- Arende vlieg alleen – liefdesroman
- Bekende vreemdeling
- Beminde vreemdeling – Melodie liefdesroman
- Beminde vyande – liefdesroman
- Bittersoet verlange
- Blare in die wind
- Bloeisels in die wind – liefdesroman
- Dennewoud van drome – liefdesroman
- Die eerste lenteroos – liefdesverhaal
- Die Geheim van Donkerkloof – liefdesroman
- Die goue eendag – liefdesroman
- Die grondbaron
- Die Kroonprins van Kaiserburg – liefdesverhaal
- Die liefde oorwin
- Die ontwykende droom – liefdesroman
- Die sagte vlam – liefdesroman
- Die son skyn elders – liefdesverhaal
- Die son van geluk – liefdesverhaal
- Die teken van die Suiderkruis – liefdesroman
- Donke-Doef kom kuier – liefdesroman
- Drome van liefde – liefdesroman
- Eiland van eensaamheid – liefdesroman
- Eiland van geheime – liefdesverhaal
- Erfgename van haat
- Gee my ‘n droom
- Geleende liefde
- Gevangene van gister – liefdesroman
32. Gister se betowering – liefdesroman
33. Gister se troebel water – liefdesroman
34. Iemand soos jy
35. Kammaland van liefde – liefdesroman
36. Kronkelweë van die hart – liefdesroman
37. Legende van die liefde – liefdesroman
38. Letsels van liefde
39. Lied van die berge
40. Lied van die lente – liefdesroman
41. Liefde in die najaar – liefdesroman
42. Liefhê is geluk
43. Lokstem van die liefde – liefdesroman
44. Lokval van die liefde – liefdesroman
45. Man agter `n masker – liefdesverhaal
46. Man langs die pad – liefdesroman
47. Man van gister – liefdesroman
48. Man van lig en skadu
49. Melodie van liefde – liefdesroman
50. Melodie van die hart – liefdesroman
51. More bring ‘n droom – liefdesroman
52. More bring ‘n nuwe daeraad
53. `n Ander soort liefde – liefdesverhaal
54. ‘n Anker van liefde – liefdesroman
55. `n Bruid vir Eduard – liefdesroman
56. Nêrens ‘n nuwe more
57. Ongetemde hart – liefdesroman
58. Reënboog van jou hart – liefdesroman
59. Reënpad na die son – liefdesroman
60. Rondomtalie van die liefde
61. Seisoen van verlange – liefdesroman
62. Skadu’s voor die son – liefdesroman
63. Sigeuner van haar drome – liefdesroman
64. Soldaat kom weer – liefdesroman de
65. Somer van betowering – liefdesroman
66. Sonskyn in die reën
67. Son van liefde – liefdesroman
68. Soveel verlore gisters – liefdesroman
69. Sterre in my hand – liefdesroman
70. Stiefkinders van die liefde – liefdesverhaal
71. Te jonk vir liefde
72. Teer soos n vlinder – liefdesroman
73. Toe kom die vreemdeling – liefdesroman
74. Vallei van verlange – liefdesroman
75. Vlakte van verlore drome – liefdesroman
76. Waar purperwinde blom – liefdesroman
77. Waar liefde skuil – liefdesroman
78. Wanneer die skadu’s wyk – liefdesroman
79. Warrelwind van die liefde – liefdesroman
80. Web van betowering – liefdesroman
81. Weerklank van gister
82. Winter van heimweë
83. Winter van wanhoop