Description
Waterkant uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1985
Hardeband met mooi omslag boek soos nuut, biblioteekplakker op binneblad
Stofomslagillustrasie: Elizabeth de Villiers
R90.00
Die kluisenaar van Thaba Luma is die verhaal van die hegte vriendskap tussen die wit seun Toorsie en die swart seun Poko, hulle liefde vir die land en die ryke erfenis van hulle mense. Ook is dit die verhaal van die stugge ou kluisenaar wat vreemd aangetrokke is tot die twee seuns. By hom leer hulle om te veg vir die behoud van die eie.
Die dreigende gevaar van terroriste in die droogtegeteisterde niemandsland aan die grens van Lesotho en gerugte dat die kluisenaar hierby betrokke is, dwing Toorsie en Poko om ondersoek in te stel.
Wanneer hulle in lewensgevaar verkeer – intens bewus van sy Jonatansvriend se “andersheid” – besef Toorsie vir die eerste maal dat Poko tussen hom en sy eie bloed moet kies, hy nie van sy lojaliteit seker is nie.
Die mooi verhouding tussen die wit en swart seun, hul kulturele verskille, ontluikende liefde vir hul erfenis, en die passie waarmee hull die grond liefhet, is aangrypend en onlosmaaklik deel van die tyd waarin ons leef.
2 in stock
Waterkant uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1985
Hardeband met mooi omslag boek soos nuut, biblioteekplakker op binneblad
Stofomslagillustrasie: Elizabeth de Villiers