Description
Jutalit
Eerste uitgawe eerste druk 1990
Sagteband in mooi toestand met gekleurde voorblad
Omslagkunswerk: David Kuijers
R80.00
Wynand bly watertrap. Sy hart stamp teen sy ribbes toe Balthasar al hoe nader kom. Hy kan die haai se kieue sien beweeg. Hy kan die helder oog sien. Balthasar kom stadig, baie stadig nader. Wynand klem sy pylgeweer vas. As die haai nou aanval, sal hy nie veel van ‘n kans hê nie…
Wynand se rustige vakansie op Skoonsand verander eensklaps in ‘n nagmerrie wanneer hy een oggend gaan duik en ‘n gevreesde witdoodshaai in die water teëkom. Die haai val hom egter nie aan nie, maar tree verskriklik eienaardig op. Dit is byna asof die haai met hom wil vriende maak en soos ‘n dolfyn met hom wil speel.
Heel gou is Wynand se oom Gawie, wat navorsing oor haaie doen, se nuuskierigheid geprikkel – en hy oorreed Wynand om weer die water in te gaan en die vreemde haai, Baltsasar, te bestudeer. Mart, Wynand se vakansie-vriendin, bly natuurlik nie agter nie…
Out of stock
Jutalit
Eerste uitgawe eerste druk 1990
Sagteband in mooi toestand met gekleurde voorblad
Omslagkunswerk: David Kuijers