Uitreis /Sherman, Rina

R80.00

Eendag het Tilda uit haar lewe geloop. Omdat Pa haar nie liefgehade het nie. Omdat Paul haar geslaan het. Omdat sy skaam was vir haar land, haar mense en haarself. Om liefde te soek.

Uitreis is ‘n boeiende toevoeging tot die “ballingskap”-literatuur in Afrikaans, ‘n verslag van ‘n reis UIT Suid-Afrika, maar ook ‘n reis deur die herinnering, en uiteindelik, die verhaal van ‘n individu se soeke na liefde…

 

Rina Sherman woon in Parys Frankryk, waar sy haar seder 1984 as uitgewekene bevind. Sy het in ie musiek gestudeer, maar in die teater en filmbedryf gewerk voor haar vertrek en daarna by die Sorbonne haar doktorsgraad met onderskeiding verwerf onder toesig van die gerespekteerde antropologiese filmregisseur, Jean Rouch.

1 in stock

SKU: FIKSIE.GER.129/1/20 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1997

Sagteband in netjiese toestand, blaaie egter effe vergeel

Bandontwerp: Annelize van Rooyen