Dolorosa /Martin, Wille

R75.00

Kort na die Driejarige Oorlog het ‘n klompie Suid-Afrikaanse boere in ‘n groep na Argentinië geëmigreer omdat hulle nie kans gesien het om onder Brittanje in Suid-Afrika te bly nie. Adelheid Overduyn se verloofde, Willem Roux was een van dié wat saam met sy familie weg is. Sy sou later by hom aansluit.

Toe sy dit wel na vele ontberings doen, is niks soos sy dit verwag het nie en die plaas se naam Dolorosa, wat verdriet en smart beteken, word vir haar ‘n werklikheid.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.001/12/2/21 Category:

Description

Daan Retief Uitgewers

1982

Hardebandboek met rooierige omslag, skaafmerke op buiteblad en fyn skimmelvlekkies op skoon binneblaaie voor en agter, die inhoud van die boek is egter nog mooi skoon, asof boek nooit gelees is nie.