Avontuur op die lang pad / G. Sutherland

R50.00

Om in ‘n 1935-Chev die lang pad te vat is vir drie lewenslustige seuns avontuur genoeg. As daar drie skurke agter hulle aan is en hulle boonop twee lisensies kort is – een vir die motor en een vir die kranige bestuurder – kan hulle seker wees dat daar ongewone dinge met hulle gaan gebeur. Maar solank ‘n mens vernuf het en ‘n oog vir die snaaksigheid van die lewe, kan jy jou uit die raarste situasies loswikkel. Jy kan selfs kophou as jy met weinig meer as jou Adamsgewaad aan in ‘n boom sit terwyl twee wesens met rokke aan daaronder piekniek maak. Maar daar is ook ernstiger probleme, want iewers, iewers is daar vier leersakkies vol goue ponde…

Hier is’n heerlike avontuurverhaal. Mnr Sutherland se sprankelende, pittige humor laat ‘n mens waarlik lekkerkry-lees.

Out of stock

SKU: JEUG.BIK.083/8/20 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Derde druk 1974

Hardebandboek sonder omslag, titel voorop boek met ‘n kokipen geskryf