Emma en die Blêg /Preller, Martie

R100.00

Op elke dorp is daar ‘n blêg of twee of sewe of dertigduisend en nege.
Op Wildegansfontein het Emma al negentien gesien!
‘n Blêg het ‘n nors gesig.
‘n Blêg weet nie hoe om te lag nie.
‘n Blêg kan sommer jou melkskommel laat suur word.
Op ‘n dag sien Emma die Groot Blêg se ys-voetspore in Wildegansfontein.
Hy steel mense se lag en dan verander hulle ook in blêgge.
Emma en haar albatros, Alba, is vasbeslote om hul dorp se lag terug te kry.
Maar eers moet hulle die Groot Blêg se ysspoor na die Noordpool volg …

Out of stock

SKU: KIN.BAR.009/12/9/24 Category:

Description

Lapa Uitgewers

Eerste druk 2009

Sagtebandboek in puik toestand, so goed soos nuut

Illustrasies: Tamsin Hinrichsen – pragtige volkleursketse