PH Nortjé (20 Oktober 1920 – 6 Julie 2012)

  • Chrisna
  • 09/02/2018
  • Comments Off on PH Nortjé (20 Oktober 1920 – 6 Julie 2012)
  • Skrywer

Nortje, P.H.

Foto uit: Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom

Peter Henry Nortje is op 20 Oktober 1920 op die plaas Klipfontein in die wyk Baviaanskloof, distrik Willowmore in die Oos-Kaap gebore. Dié plaas was deel van die vroeëre Sewefonteint in die Baviaanskloof waar soveel van sy vertellings afspeel.  Hy matrikuleer op Willowmore en studeer aan die opleidingskolleges in Oudtshoorn en die Paarl.  In 1941 begin hy skoolhou op Douglas. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy in 1951 ‘n M.Ed graad.  Na verskeie poste aan laer- en hoërskole word hy dosent aan die opleidingskollege in Wellington waar hy in 1982 as waarnemende rektor aftree.

Hy is die jongste van vier kinders en die tweede kleinseun van Petrus Hendrik Smith, ’n Britse setlaar. Sy Engelse voorname was baie jare vir hom ’n steen des aanstoots en dan het sy oorlede moeder hom altyd gepaai met die woorde: “Aag my kind, toe jy gebore is, was die Kolonie nog baie Engels.” Hy is op sy tweede naam genoem.

Sy geboortekontrei is ’n afgeleë, uitgestrekte vallei tussen die Winterhoek- en die Kougaberge. Hy het grootgeword tydens die depressiejare toe almal in die Baviaanskloof arm was, veral nadat die volstruisveermark in 1918 in duie gestort het.

Hy het nie getik nie, maar met ’n potlood geskryf, en dan ook net in al om die ander reël. Hy het altyd ’n bos potlode by hom gehad wat aan albei kante skerpgemaak was. Hy skryf veral kontreiverhale met ‘n sterk biografiese inslag.

In 2007 is Mikie, Henry se lewensmaat van meer as 50 jaar, oorlede. En Marina le Roux skryf dat sy spontane, hartlike lag gedemp is en sy vonkelende oë bedroef geraak het.

Op 6 Julie 2012 is PH Nortje op die ouderdom van 91 in die Strand aan hartversaking oorlede. Hy het sy drie seuns en agt kleinkinders agtergelaat.

Lees gerus die hele lewensverhaal op : http://www.litnet.co.za/Article/ph-nortje-19202012

 Pryse behaal:

Hy verwerf die Scheepersprys vir jeuglektuur in 1963 vir beide boeke Pennie se vuur(1959) en vir Die groen ghoen (1960).

Jeugverhaalwenstrydwenner van Sarie en Tafelberg Uitgewers vir Die wildedruif val (1982).

Lys van boeke:

Pennie se vuur (1959)

Die groen ghoen (1960)

Donkerwater (1064)

Nuut onder die son (1967)

In voetpad se kloof (1970)

Aan die sonkant: twee sketse (1971)

Op die sonpad: twee sketse (1973)

Matewis se mense gaan boer (1973)

Operasie sonskyn en ander leesavonture (1975)

Bly of gly (1975)

Duisendblaar (1977)

Casper (1979)

Die wildedruif val (1982)

Klein Hollywood (1982)

Korsies van growwe brood: outobiografiese vertellings  (1989)

Klip en gruis (1989)

Die elfde hekkie (1993)

Wellington se suiker: die beste sketse van PH Nortje (1993)

Spook van die wielsleutel:  kroniek van ‘n tog (1994)

Ken op die kierie (1997)

Volstruis, met wie gaan jy trou? (2000)

Op ‘n hoë noot: die lekkerste stories van PH Nortjé (2008)