Beowulf / oorvertel deur Rosemary Sutcliff

R50.00

In hierdie dramatiese oorvertelling van die beroemde Angel-saksiese gedig word daar drie van Beowulf se grootste gevegte weergegee: met Grendel, met die Vroudier van die See, en uiteindelik, op sy oudag, met die Vuurdraak wat sy kosbare goue skat verlaat het om nag vir nag dood en verwoesting in die land te saai.

Dit bied aan enige kind die gulde geleentheid om kennis te maak met een van die grootste verhale van die Westerse letterkunde in taal wat terselfdertyd eenvoudig en opwindend is, en tog die pragtige indrukwekkendheid van die oorspronklike behou.

 

Out of stock

SKU: FIKSIE.1872/2012 Category:

Description

Uitgewer: Haum

Datum: Afrikaanse uitgawe 1969

Toestand: Hardeband met stofomslag, bietjie sellotapemerke op binneblad voor en agter, biblioteeknommers voorin geskryf boek nog netjies verder

Illustrasies: Charles Keeping

Oorspronklike titel: Beowulf

Vertaal: Deur Chris van Lille (André P Brink)