Blou is ‘n bokkie / Elsabe Steenberg

R100.00

“O, ek het die pragtigste diertjie in die bos gekry! Hy is so klein, jy kan dit amper nie glo nie. Hy’s blou, veral sy koppie en sy bene.”

Dan begin Therese weer twyfel. Het sy rêrig die blou bokkie met sy klein-klein horinkies en sy seer beentjie in die bos gekry? Het hy rêrig water uit haar hande gedrink? Of bestaan hy maar net in haar verbeelding, soos die kabouters en die heks met die lang, geel voete?

Sy dink diep na, en dan weet sy: “Sowaar, ek hét hom gesien. Roerie!” Hy is die kleinste fynste bokkie in die hele wêreld, en hy behoort aan haar, want net sy weet dat hy in die bos woon.

Maar die harde werklikheid haal vir Therese in wanneer nog mense uitvind van die pragtige diertjie in die bos, ook selfsugtige mense wat hom vir hul eie doeleindes wil gebruik. Almal vra Therese se hulp, want sy weet waar die bokkie skuil. Uiteindelik moet net sy besluit wat van die diertjie gaan word…

Out of stock

SKU: JEUG.DON.006/29/9/22 Category:

Description

JP van der Walt en Seun

Tweede uitgawe eerste druk  1992

Sagtebandboek soos nuut