Cessna vermis! / Johann Bekker

R75.00

Cessna vermis! vertel die verhaal van ’n Cessna wat vermis geraak het en van ’n groep kinders wat saam met ’n volwassene na die vliegtuig gaan soek. Vir Anna van Zyl (Volksblad, 16 Augustus 1983) was die “verhaal boeiend en interessant, maar wat haar veral geboei het, was die wyse waarop die skrywer een van die seuns (Willie) se karakter laat ontwikkel het, die vormende invloed wat vriende en omgewing op hom gehad het, en wat ontberings en liefde aan ’n mens kan doen. Johann Bekker ken die siel van die kind, verstaan die jeug en weet hoe om oor hulle te skryf en hulle natuurlik te laat optree. Niks in die boek word aan jou opgedring nie: alles vloei spontaan en op subtiele wyse voort uit die verhaal.” (https://www.litnet.co.za/johann-bekker-19181985)

 

2 in stock

SKU: FIKSIE.BAY.003/6/19; FIKSIE.DON.011/27/11/19 Category:

Description

Nasionale Boekhandel Beperk

Eerste uitgawe 1963

Hardeband met stofomslag blaaie baie vergeel met heelwat skimmelvlekke op voor- en agterste binneblaaie, deurskynende sellotape op rugkant geplak en bibnommer op rugkant geverf