Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe, derde druk, 1995
Toestand: Hardeband met stofomslag in puik en skoon toestand
Bandontwerp: Abdul Amien met ‘n waterverfskildery van Pieter van der Westhuizen
R150.00
Die ouderdom kom met baie mankemente. Dit ervaar die susters Marie en Bettie in pynlike maar ook snaakse besonderhede wanneer hulle in Huis Lourens gaan woon en die inwoners van die oord leer ken. Karakters soos tant Dolly, wat op 98 ‘n bloedrooi rok dra en van die more tot die aand danswysies van haar jongdae in haar kop hoor en, tartend, ‘n ouvroustemmetjie wat saamsing. Of die vername mevrou Nelson, wat nagrokke van satyn en regte bruidsonderklere dar, maar te seniel is om te weet wat sy aanhet.
Oues wat hul ydelheid deur hul kinders se prestasies wil uitleef, maar ook die beminlikes wie se stil, ryp menslikheid soos herfskleure gloei. Dié wat “weggegooi” is deur hul kinders, en die wat eenmaal self moes weggee – soos die oujongnooi Lina Delport, wie se verlede soos ‘n hond op haar spoor loop…
1 in stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe, derde druk, 1995
Toestand: Hardeband met stofomslag in puik en skoon toestand
Bandontwerp: Abdul Amien met ‘n waterverfskildery van Pieter van der Westhuizen