Description
Gedruk deur Groep 7 Drukkers en Uitgewers
Eerste druk 2009
Sagteband nuut aangekoop
Sketse: LP de Necker
R100.00
Die storie van Massimo is in April 2009 gebore met Callaho se eerste veiling. Terwyl die hingste een na die ander in die arena hul verskyning gemaak het, het ek besluit om ? storie te skryf oor ? vulletjie wie se ma op hierdie veiling verkoop gaan word.
Amper heel laaste het ? merrie ingekom met ? vulletjie by haar. Die afslaer het egter vir die kopers gesê dat die merrie te koop is maar nie die vulletjie nie. Ek het na my man gedraai en gesê: “Hier speel my storie dan nou reg voor my af!.” Ek kon die toeval nie glo nie, of was dit werklik so toevallig? Die spelery van die vulletjie met daardie geleentheid is lewensgetrou en net so spelerig soos daardie vulletjie was.
Elke hoofstuk het ek vir my Gr.2’s en 3’s gelees soos ek dit geskryf het, en hierdie kaboutertjies het net so hard soos juffrou aan die storie geskryf. Die hoofstuk waar sy ma weggaan, was die moeilikste om te skryf, want ek en die kinders het ewe hard gehuil oor Massimo se hartseer. Daarom het ons besluit dat Massimo ? gelukkige einde moet hê.
Out of stock
Gedruk deur Groep 7 Drukkers en Uitgewers
Eerste druk 2009
Sagteband nuut aangekoop
Sketse: LP de Necker