Die avonture van Pieter Paddavis en Lientjie Lier (Boek + CD) / Nadine van der Wateren

R100.00

NUWE BOEK

Wanneer uit voorraad – laat asseblief 14 werksdae toe vir aflewering.

Die boek het sy ontstaan gehad toe die skrywer se seun geidentifiseer is met ouditiewe prosesserings uitvalle. Dit het meestal te doen met die verwerking van ouditiewe klanke en gehoor en kan ontstaan weens verskeie redes (soos byvoorbeeld die verskillende spreektale waaraan ‘n kind blootgestel word, voordat ‘n moedertaal behoorlik gevestig is). Die probleem kan egter te bowe gekom word met terapie deur Oudioloë of Spraak- of taalterapeute, wat met hierdie uitvalle kan help. Die terapie wat gewoonlik aangeveel word, verg huiswerk vir hierdie kliënte en kan vir  lewenslustige kinders baie frustrerend wees.

Hierdie Inkleur-storieboekie dien as hulpmiddel vir die ouer en kind wanneer hierdie huiswerk en terapie toegepas word. Dit help dat ouer en kind in die huiswerk wat ontvang word, kan saamwerk sonder irritasie. Hierdie boekie dien ook as ‘n lekker storie wat ‘n ouer kan voorlees vir sy kind.

Boek en CD word ingesluit – gesing deur Nedine Blom.

1 in stock (can be backordered)

Description

Uitgewer: Die skrywer, Nadine van der Wateren

Uitgawedatum: Mei 2010

Toestand: NUUT

Illustrasies: Karen van Niekerk

Pieter Paddavis en Lientjie Lier het my paaie gekruis as deel van die Helpende hand kosblikprojek.

Die vriendelikheid van die 2 maters het menigte kind se hart oorrompel.

Ek beveel dit graag aan vir ieder en elk wat ‘n geskenk wil gee vir ‘n kind om ouditiewe, taal en laterale denkvermoë te ontwikkel. Mag die storie ook in jou hart strepies plas.” – Lindie Strydom –