Die Jade-Poort / L.N. Lavolle

R90.00

‘n Jong chinese meisie, Nan, voel haarself vasgevange in die ondraaglike warm syfabriek waar sy werk. Die Afghaanse seun, Nurman, beraam al lankal planne om die oasedorpie op die rand van die Takla Makan-woestyn te verlaat. Toe ‘n horde Kasakruiters dus die gehuggie binnejaag, besluit albei om die geleentheid te gryp en te vlug.

Vir die Kasakke wat voor hul agtervolgers vlug, is dit duidelik dat hulle enigste kans op oorlewing is om in klein groepies te verdeel, en wie kan hulle beter as Nurman deur die Takla Makan lei?

So begin die ongelooflike reise van die Kasakke, Nurman en Nan deur die onherbergsame woestyn wat ‘n groter vyand as die agtervolgers bly te wees. Hulle moet teen die genadelose hitte stry, sandstorms, en die gebrek aan water met slegs ‘n vlugtige verposing in ‘n oase. Eindelik bereik hulle die Himalajas waar sneeu, ys en bittere kouer hulle lot word. Hierdie aangrypende verhaal sal in die smaak val van almal wat graag lees oor die verafgeleë dele van die wêreld. Dit skets ‘n lewendige prentjie van die verskillende rasse in Sentraal-Asië wat in hulle kameraadskap en uithouvermoë teen die elemente bewys dat alle normade tot maar broers is…

1 in stock

SKU: JEUG.CDON.020/8/19 Category:

Description

HAUM

1974

Hardeband met mooi gekleurde voorblad boek was ‘n x bibboek maar nog skoon en netjies

Oorspronklike titel: La Porte de Jade

Vertaal deur G.K. Kirsten

Illustrasies: P. Rousseau