Description
John Malherbe Edms Bpk.
2de druk, 1965
Hardeband met stofomslag, in goeie toestand, boodskap aan vorige eienaar voorin boek geskryf
Oorspronklike titel: The incredible journey – 1960
In Afrikaans vertaal deur Pieter W. Grobbelaar
R100.00
Drie geswore vriende – ‘n bulterriër, ‘n Labrador en ‘n Siamese kat – lê die ongelooflikste reis ter wêreld af.
Dit het so gekom.: ‘n Oujongkêreld-skrywer het aangebied om die drie huisdiere te herberg terwyl hul baas en die se gesin vir agt maande oorsee reis. mamaara die diere het begin terugverlang na hul eie tuiste, veral die jong Labrador wat geen rus kon vind nie.
Toe op ‘n dag, terwyl hul gasheer afwesig is, val die drie in die pad. Die Labrador, Luath, lei die ander twee – maar nie met die paaie langs nie. Hulle trek in ‘n reguit lyn na hul bestemming toe. dit beteken vir hulle 250 ml deur die onherbergsame, mensverlate wildernis van die noordwestelike Ontario.
Honger bedreig hulle, hulle moet vloedwaters deur en snags moet hulle partymaal uiterste koue verduur, maar hul instink dryf hulle meedoënloos voort, ook al word hulle een of twee keer op ‘n eensame plasie deur mense bevriend.
Die skryfster, Sheila Burnford, wat in Skotland gebore is en in Port Arthur, Ontario (die provinsie waaroor sy geskryf het) gewoon het, ken haar diere en die omgewing goed. Dis ‘n verhaal van die aanpassing van drie mak diere wat ‘n maand lank in die wildernis deurbring, van ‘n bejaarde Bulterriër, ‘n Labrador wat nie opgelei is vir veg nie, en ‘n Siamese kat wat vir niks bang is nie – van hoe elkeen met sy afsonderlike karakter, instink en kundighede, die ander twee aanvul en probeer help sodat hulle die tog kan volhou… Spannend tot op die laaste bladsy…
Out of stock
John Malherbe Edms Bpk.
2de druk, 1965
Hardeband met stofomslag, in goeie toestand, boodskap aan vorige eienaar voorin boek geskryf
Oorspronklike titel: The incredible journey – 1960
In Afrikaans vertaal deur Pieter W. Grobbelaar