Die pad na die see / Pieter Pieterse

R120.00

Daardie nag toe die leeus die vee die eerste keer laat uitbreek het, het Danster gesê: “‘n Vrye man. . .? Wat is ‘n vrye man? Dis nie nou meer pad oopskiet na ‘n plek waar jy ‘n vrye man kan wees nie. Nou is dit pad oopskiet om aan die lewe te bly.”

Waar die Trichardt-trek in die Soutpansberg oorstaan voordat hulle die pad see toe aandurf, moet die sestienjarige Pieta Trichardt en die oue Danster die vee oppas en beskerm teen die aanvalle van Ieeus en ander roofdiere. En namate die toestande versleg, namate al meer mense en diere siek word en doodgaan, raak dit vir Pieta al hoe belangriker om duidelikheid te kry oor die dinge wat hom kwel.

Daar is die afguns en wedywering tussen hom en Willem… Skielik is sy gevoelens teenoor Hanna en Sarie ook nie meer so klinkklaar nie. . . En daar is die groot maanhaarleeu Mohale, die gees van die Ieeus van lankal, wat mettertyd Pieta se doen en denke heelternal oorheers.

As die leeus vir die hoeveelste keer die vee aanval en die keer Pieta se grootmaakvers Hanskalf doodbyt, vat hy en Vanger, sy getroue hond, afleen die spoor…

Die pad na die see is veel meer as ‘n boeiende historiese roman. Op die ou end kry Pieta wel antwoorde op sy vrae… en ontdek hy in Sarie se bruin oë dat sy ma tog verkeerd was.

Out of stock

SKU: JEUG.ALM.001/18/8/23 Category:

Description

Uitgewers:  Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1988

Hardebandboek nog in puik toestand, al is blaaie effens vergeel

Bandontwerp: Alida Bothma

Prys: Hierdie boek is bekroon met die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur, 1988