Die Palomino / Johann Bekker

R90.00

Tjaan wil so graag vir Vors – die goudgeel palomino met die spierwit maanhare en stert – ry, en hy wil so graag hê oom Faan moet trots wees op hom. Maar dié vakansie loop alles vir hom skeef op Onderplaas.

Toe hy weer die diep bromroep van Khokhonya in die aandstilte hoor, wonder hy … Dit klink wel na ‘n bygeloof, maar bestaan die bromvoël wat ‘n mens se wense laat waar word, nie dalk regtig nie? Moet hy en Tendani en Jakkals, die rooi hond, nie maar na hom gaan soek nie?

Maar die Fundudzi-meer waar Khokhonya snags roep, lê ver – en die pad daarheen is vol gevare. Dit word ‘n uitmergelende tog wat Tjaan gehard maak vir die finale konfrontasie met die vorstelike palomino. ‘n Boeiende verhaal van ‘n stadseun se stryd om sy hartewens te vervul…

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.027/12/21 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Eerste uitgawe 1980

Hardeband met mooiste gekleurde voorblad, biblioteekstempel en palkker  in boek maar boek in netjiese toestand