Die rooi rower deur Ursula Wolfel

R70.00

Watter wonderlike verhaal wat handel oor Peter, die seun wat in die verbeteringskool beland het nadat hy kos gesteel het omdat hy honger was. Die enigste persoon wat nog vir hom omgee is sy oud-juffrou tante Agatha. Dis vakansie en almal se mense kom haal hulle, behalwe vir arme Peter. Hy besluit om vir tante Agathe ‘n brief te skryf en te vra of hy kan kom kuier. Hy verwags tervergeefs op ‘n brief en besluit op die ingewing van die oomblik die tuinier se fiets te “leen” en weg te loop na sy tante toe. Na vele wedervaringe beland hy uiteindelik op ‘n bus net om te leer dat tante Agatha se susterskinders op dieselfde bus is en ook oppad is na haar toe. Hy het geen heenkome nie en moet noodgedwonge inbreek in ‘n boswerkershut. Mettertyd maak hy kennis met die drie kinders. ‘n Mooi storie met ‘n onverwagse mooi einde wat mens nog laat besef dat daar nog mense is wat omgee. Welliswaar ‘n ou verhaal, maar steeds die moeite werd om te lees.

Out of stock

SKU: FIKSIE.VERT.EBE.130/8/22 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers

Reeks: Klein Kadet nr. 9

Oorspronklike titel: Der rote Racher und die glucklichen Kinder

Uit Duits vertaal deur S. Viviers.

Hardeband sonder stofomslag met mooi gekleurde skets op voorblad deur bekroonde illustreerder Katrine Harris. Ligte vlekke op voor en agterblad

Eerste druk 1961