Die verkenner van Christiaan de Wet / L. Penning

R160.00

L. Penning se beroemde Wessels-reeks bestaan uit vyf lekkerlees avontuurverhale uit die dae van die Tweede Vryheidsoorlog:

  1. Die leeu van Modderspruit

2. Die held van Spioenkop

3. Die Verkenner van Christiaan de Wet

4. Die Oorwinnaar van Nooitgedacht

5. Die kolonis van Suidwes-Afrika

Oor die skrywer: Louwrens Penning was ‘n groot vriend van die Boere. Toe die twee Boererepublieke aan die begin van die hierdie eeu in ‘n hewige styrd teen Engeland gewikkel was, het Penning duisende myle van die slagveld af op ‘n besondere manier saamgeveg. Hy het in Nederland ‘n stroom van artikels en boeke oor die stryd tussen Boer en Brit die lig laat sien. Die Wessels-reeks was van sy bekendste boeke wat in dié tyd verskyn het. Dit het die verbeelding van duisende lesers aangegryp – die slagveldtonele uit hierdie oorlog is nog nooit so beskryf nie!

En meer as sestig jaar later is Penning se Wesselsboeke, danksy Chris Barnard se puik verwerkings, in Afrikaans beskikbaar. Louis Wessels, ou Blikoortjie, al die dapper burgers wat saam met hulle geveg het, hulle almal gaan duisende bewonderaars in Suid-Afrika bykry.

Out of stock

Description

Uitgegee deur J.L. van Schaik uitgewers

1967

Hardeband met stofomslag, in stewige en netjiese toestand, kleur skeur in omslag op bokant van rug, naam van vorige eienaar voorin

Uit Hollands vertaal deur Chris Barnard

Nommer 3 in die Wessels-reeks

R160