Die Vlugteling / Jancsi Gyore

R80.00

In Januarie 1957 het ek twee Hongaarse vlugtelinge ontmoet en leer ken. Hoewel getroud, was hulle nog pure kinders. Die man was skaars 21 en die vroutjie 17. Hy was ‘n vakleerling in ‘n fabriek en sy was nog op gimnasium toe onlust in Boedapest uitgebreek het. Hule het afgryslik gebeurtenisse meegemaak en het alles verloor. Soos amper al die emigrante het hulle na Oostenryk gevlug waar hulp verleen is aan die duisende mense wat skielik dakloos en sonder vriende was. Daar is hulle toe getroud en deur ons regering bygestaan om na die Republiek te emigreer.

Dis moeilik om jou in te leef in die gevoelnes van ‘n persoon wat wildvremd in ‘n nuweomgewing, waar hy as’t ware siende blind en horende doof is, genoodsaak word om hom vinnig aan te pas.

My verhaal is nie ‘n dokumentêr nie en het daarom van die waarheid afgewyk. Janci vlug deur Joego-Slawië na Triëst. Hy is ‘n seun van ‘n ryk land-edelman en hy trou nie met ‘n vrou uit sy eie volk nie Hier die verhaal is ‘n roman en die geskiedkundige gebeurtenisse en aardrykskunidge feite vorm slegs ‘n agtergrond.

1 in stock

SKU: FIKSIE.VERT.JVW.0064.liz Categories: ,

Description

Afrikaanse Pers-Boekhandel

Hardeband met omslag, omslag bietjie gedruk aan onderkant van omslag, maar inhoud nog in puik toestand

1971

Stofomslag: Marc Achleitner