Die wildedruif val /Nortje, PH

R350.00

Opdrag: Vir Hans Terblanche wat die gebeure in hierdie boek self belewe het en dit in sy tagtigste lewesjaar persoonlik aan my meegedeel het.

Soos die leser sal aflei uit die opdrag hierbo, is Die wildedruif val ‘n ware verhaal. Dit speel hom af in die Baviaanskloof, daardie ongeveer honderd en twintig kilometer lange smal vallei tussen die Kouga- en die Winterhoekberge in die distrik Willowmore, en vertel van die ramp wat in die nag van 5 Mei 1916 daar plaasgevind het. Die hoofkarakter, Hans Terblanche, was toe ‘n seun van sowat vyftien. Hy is my eie neef. Dit is dan ook op sy aandrang en moet sy aanmoediging en nou samewerking dat die gebeure hierin op skrif gestel is.

Met uitsondering van geringer besonderhede in bepaalde tonele waar ek noodwendig my verbeelding moes gebruik, is alle karakters en gebeure lewensgetrou uitgebeeld. Daarom is daar ook deurgaans by die imperiale geldeenhede, lengte- en gewigsmate gehou wat in 1916 gegeld het. Vir die gerief van die leser is die nawoord agter in die boek opgeneem. Daarin verskyn ‘n beknopte lys van die ooreenstemmende metrieke eenhede, tesame met enkele biografiese gegewens omtrent sekere persone in die verhaal. – P.H. Nortje

Out of stock

SKU: FIKSIE.CSV.0004/10/24 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Vyfde druk 1982

Sagtebandboek, omslag in netjiese toestand, skoolstempel op binneblad, inhoud skoon en netjies

Omslagontwerp: Cora Coetzee

Die wildedruif val is bekroon met die eerste prys in Sarie en Tafelberg-Uitgewers se 1982-jeugverhaalwedstryd.

Bitter bitter skaars boek