Description
Willem Goux Edms Bpk
1967
Hardeband met stofomslag boek in mooi toestand, blaaie vergeel van ouderdom
R95.00
Klasie Vermeer gaan een somervakansie saam met sy vriend, Eugene, en hul onderwyser, Jaap de Beer, vakansie hou op Kaap Kiel.
Kort na hul aankoms aldaar, is dit duidelik dat alles nie pluis is op die stil strandjie nie en al gou kom hulle in borsing met sekere van die inwoners.
Onder die dekmantel van lede te wees met die Suid-Afrikaanse Geheime Diens word gemene saak gemaak met die Kommunisite. Russiese duikbote maak van die stil plekkie gebruik om agente en spioene op en af te laai.
‘n Eg menslike verhaal waarin die goeie die kwade oorwin en een van die weiniges waarin ons helde – die skoolseuns en hul onderwyser – darem nie so besonders is dat hulle die Polisie se werk beter as hulleself nie.
In die verhaal het ons verder oom Jurie Joubert en sy pragtige dogter, Marianne, Piet van Zyl, Miguel Valera, Andy Andrews, Andries, oom Chrisjan en natuurlik ook Klasie se nooientjie, Stella.
Out of stock
Willem Goux Edms Bpk
1967
Hardeband met stofomslag boek in mooi toestand, blaaie vergeel van ouderdom