Description
Uitgewer: Lux Verbi
Datum: Tweede druk 1984
Toestand: Sagteband met gekleurde voorblad boek soos nuut
R50.00
Een van die grootste probleme vandag wat Christene en nie-Christene raak, is eensaamheid. Nicky Cruz ken eensaamheid. OP ‘n vroeë ouderdom het hy, as een van sewentien kinders, gevoel dat sy ouers hom nie liefhet nie. Hy het van sy huis in Porto Rico weggeloop toe hy nege was, maar hy het teruggegaan omdat hy nog eensamer weg van sy huis was as tuis. Op sestienjarige ouderdom is hy na New York waar hy die volgende jaar meestal op straat deurgebring het en aktief betrokke was by die Mau-Mau – ‘n berugte straatbende. Later het hy een van hul gevreesde bendeleiers geword.
Maar toe kom hy tot bekering, en vir die eerste keer in sy lewe het hy geweet IEMAND het hom lief. Daar is nog steeds tye dat hy eensaam voel, veral wanneer hy op reis is om byeenkomste toe te spreek, maar nou het hy die Here as vriend…
1 in stock
Uitgewer: Lux Verbi
Datum: Tweede druk 1984
Toestand: Sagteband met gekleurde voorblad boek soos nuut