Jakkalswater / Sarah du Pisanie

R90.00

Ver in Suidwes ontvang oom Bennie ‘n brief van Grieta, aan wie hy baie jare gelede verloof was, waarin sy hom vra om na haar dogter Magriet om te sien. Hy het ‘n ereskuld om aan Grieta te betaal en hy kan nie weier nie.

Magriet kom op Walvisbaai aan en Daan – een van die mans saam met wie oom Bennie op Jakkalswater woon, moet haar nie net gaan haal nie, maar boonop met haar trou voordat by haar plaas toe bring, want op Jakkalswater woon net ‘n klomp wilde mans wat nie aan vrouegeselskap gewoond is nie. Magriet kom met goeie bedoelings daar aan, maar toe hoor sy hoekom Daan ingestem het om met haar te trou en die vonke begin spat . . .

Jakkalswater was die wenverhaal in die kategorie vir nuwelingskrywers in JP. van der Walt se landwye romanwedstryd van 1981. Dis ‘n verfrissende vertelling en sal u laat uitsien na die volgende verhaal van hierdie belowende nuwe skryfster.

Out of stock

SKU: FIKSIE.DEB.052/8/4/21 Category:

Description

JP van der Walt en Seun,

Eerste druk 1982

Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad in goeie toestand, naam en boodskap van vorige eienaar voorin boek

Illustrasie – Rassie Erasmus