Koert se tarentaal / Elsabe Steenberg

R130.00

In Koert se tarentaal is Koert se ma in die hospitaal. Om hom te help om hierdie emosionele krisis te verwerk, wil hy vir homself ‘n tarentaal van klei maak, maar die tarentaal moet kan vlieg. Wanneer hy hoor dat die operasie geslaagd was, aanvaar hy dat die klei-tarentaal ‘n dooie ding is, maar wil nou graag hê dat die groot vet tarentaal in die trop syne moet wees. Eindelik is sy ma gesond genoeg sodat sy kan huis toe kom en dan het Koert nie meer ‘n tarentaal nodig nie.

Elsabe Steenberg toon nog eens in hierdie boek dat sy ‘n skrywer is met besondere insig in die gemoed van die sensitiewe kin wat in sy verbeeldingswêreld kompensasie soek vir probleme wat hy nie kan verwerk nie.

Out of stock

SKU: KIN.WAV.020/6/20 Category:

Description

Tafelberg

Tweede druk 1982

Hardeband met mooi tekening op voorblad, boek in puik toestand

Illustrasies en omslagontwerp deur Sheila Nowers

Skaars boek!