Lennet en Operasie Newelvlek / Luitenant X

R90.00

“Voorspoed… rampspoed” – hierdie laaste woorde van ‘n sterwende spioen stuur luitenant Lennet, gedugte geheime agent van SEOD, op een van sy gevaarlikste sendings: Operasie Newelvlek.

Mousteyrac, ‘n ambisieuse kollega van Lennet, stel op sy eentjie ondersoek in maar verdwyn spoorloos in die wolkekrabber Voorspoed terwyl hy verdagtes dophou. Lennet en Phil Framboise van die Kanadese veiligheidspolisie, het nou ‘n dubbele taak, naamlik om Mousteryrac te bevry én om ‘n moontlike ramp af te weer. Terwyl Lennet in Vorospoed se hyser ry, is daar skielik ‘n kragonderbreking. Wie van die vasgekeerdes is van die vyande – miskien die aanvallige Grigri? Op daardie oomblike ontsnap ‘n gevaarlike misdadiger. . .

Vermom as ‘n ruitwasser begin Lennet by die Osmose-skakeldiens in die wolkekrabber werk. Hy ontdek dat hy nerens kan gaan sonder dat hy deur versteekte kameras afgeneem word nie. Boonop wemel die plek van “speurders” met dik jasse en hoede laag oor die oë.

 

Out of stock

SKU: JEUG.KLE.017/12/22 Category:

Description

Tafelberg uitgewers

Eerste Afrikaanse druk 1979

Hardeband met stofomslag met effense verweer op die rante en dowwe omslag, blaaie is erg vergeel maar boek is stewig en netjies

Oorspronklike titel: Langelot et le gratte-ciel – 1967

Uit Nederlands vertaal deur Ia van Zyl

Stofomslagontwerp: Helmut Starcke

Reeks: Lennet-reeks – Ander titels in die reeks is:

Ontmoet geheime agent Lennet

Lennet word geheime agent

Lennet en die spioene

Lennet en die ruimtevlug

Lennet en die popster

Lennet wen die laaste rondte

Lennet en die satelliet

Lennet die die saboteurs

Lennet en die geheimsinnige meneer T

Lennet, spioen met die lang vingers

Lennet en die popster

Lennet teen die swart dood

Lennet en die raaisel