Matewis se mense gaan boer / P.H. Nortjé

R90.00

Ons ken al die Nortjés – vir Pa en Ma, Charl, Francois en Pierre Henri. Ons het reeds in die ander boeke van Nortjé soveel avonture saam met hulle beleef. Ook met die ander Wellingtonners soos dr. Hugo Rust en apteker Fogelman en Herr von Bundelstein. Maar nou betree hulle – en ons – ‘n gans ander lewe.  Want Matewis, die “polietse” papegaai, se mense gaan boer. Hulle moet net die plaas gaan oppas, want broer Frans-hulle is met vakansie.

En broer Frans het ‘n baie belangrike memorandum vir die dorpenaars opgestel. Daarin bepaal hy die dinge wat hulle MOET doen, die goed waaroor hy bly sal wees as hulle dit OOK kan behartig en dan bly daar sekere dinge oor vir hul eie vermaak. Die Wellintonners is die ene gewilligheid: Charl is bereid om met sy bell-bottoms aan volstruisvere te pluk en Pierre Henri swem saam met sybokke deur dipwater.

Die Nortjés bevind hulle in ‘n ander omgewing, ‘ n omgewing met sy eie lewenspatroon – Grootplaas in die Bobbejaanskloof naby Willowmore. In Matewis se mense gaan boer is daar oomblikke wat jou laat dink en oomblikke van die lekkerste lag. Want dit is ‘ n P.H. Nortjé!

Out of stock

SKU: FIKSIE.CDON.129/9/19 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg Uitgewers

Datum: Tweede druk 1975

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag, boek het stempels en vergeelde bladsye, maar boek nog mooi en netjies

Omslagontwerp: Deur Willem Jordaan

PH Nortje boeke is skaars.