Mense van my asem / Steve Hofmeyr

R120.00

In Mense Van My Asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het.

Hierdie boek gee ’n boeiende – en soms skokkende – kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

1 in stock

SKU: BIO.NEL.019/5/23; BIO.LIN.021/9/23; BIO.BFL.(B).005/11/23 Category:

Description

Zebra Press – ‘n druknaam van Random House Struik

Eerste druk 2008

Sagteband boek so goed soos nuut – slegs ‘n vorige eienaar se naam voorin boek