Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1984
Sagtebandboek in mooi toestand
R120.00
Hulle is sewe in die vreemde, sluimerende landskap van Mosambiek. Sewe bosvegters, gestuur om ‘n vyandelike basis uit te wis. Daar is die kinderlike, vreesbevange radio-operateur Rot, die armoedige Jinx, N’Tembi wat vir hulle tolk, groot swygsame Grog, die gelowige Louch wat veg teen ‘n groeiende waansin, Konrad wie se besetenheid met vernietiging gevoed word deur ‘n diep wrok, en die sewende: hul ontbindende bevelvoerder, Stanley. Oral dra hulle die lyk saam, en steeds hang die gees van die gestorwene oor hulle…
Dit word vir elkeen ‘n oorlewingstog. Die stryd is nie alleen teen die vyand nie, maar ook teen die boosheid en vrees wat nog meer uit hulself voortkom as uit die broeiende boswereld waarin hulle dwaal.
Louis Kruger, het met sy debuut, Die skerpskutter, die Eugene Marais-prys vir 1982 verower. Met ‘n basis oorkant die grens verras hy weer. Die spannende verhaal wat oor die grens tussen lewe en dood beweeg, ‘n boek van verskuiwende perspektiewe en insigte; uiteindelik, ‘n oorlogsroman wat meer sê oor die verlossing as oor die geweld.
1 in stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1984
Sagtebandboek in mooi toestand