Sale!

‘n Pad loop dood / Chinua Achebe

Original price was: R160.00.Current price is: R100.00.

Chinua Achebe is in 1930 te Agidi in die Ooste van Nigerië gebore. Sy vader was een van die eerste Christen-bekeerlinge van sy land en vir dertig jaar ‘n sendingonderwyser. In 1953 behaal die skrywer ‘n BA-graad aan die Universiteitskollege van Ibadan en word daarna agtereenvolgens onderwser en omroeper. In 1961 word hy aangestel as Direkteur van Buitelandse Diense by die Nigeriese Uitsaaikorporasie.

Sy eerste twee romans Things fall apart (1958) en No longer at ease (1960) beskryf die verbrokkeling van primitiewe stamlewe onder die aansalp van ‘n Westerse beskawing. Beide romans is reeds in verskeie tale vertaal. In 1958 is die Margaret Wrong-gedenkprys aan Achebe toegeken vir sy bydrae tot die letterkunde in Afrika. Arrow of God, sy derde roman, is in 1965 bekroon met die eerst Jock Campbell new Stagesman-toekenning ten bedrae van R2000. Sy jongste roman A man of the people (1966) is ‘n skreeusnaakse maar ontstellende satire oor korrupsie in die regering van ‘n naamlose Afrikastaat.

1 in stock

SKU: GEE.DON.032/15/7/20 Categories: ,

Description

Afrikaanse Persboekhandel

Eerste Afrikaanse uitgawe 1966

Hardeband sonder omslag, materiaalagtige voorblad, boek skoon en netjies, tippexmerk op die binnebladsy

Oorspronklike titel: Things fall apart – 1958

In Afrikaans vertaal deur Chris Barnard