‘n Spyker vir Slypsteenkop / P.G. Hendriks

R70.00

Hoe vertel ‘n mens van Slypsteenkop? Dit was dan niks anders nie as ‘n stuk wildernis en daar het eintlik nooit iets danigs gebeur nie. Daar is maar net gras en bos, nerens eens ‘n ordentlike berg nie. Dis sommer ‘n doodgewone stuk bosvlakte soos baie ander plase waarvan mens nie die naam onthou nie of nooit eens gevra het nie.

Maar tog was di iets heeltemal anders. Dit het iets van ‘n wonder gehad, ‘n verlange en ‘n ontdekking, bietjie vir bietjie… Hoe lê mens ‘n droom uit wat stuk-stuk gegroei het oor baie jare en tog altyd ‘n hunkering en ‘n verte gebly het? Kyk, selfs Farao en arme mal ou Nebukadneser se drome het eers iets begin beteken toe dit uitgekom het en uitgelê is…

So dink Pa as hy vir sy kinders moet vertel van Slypsteenkop – daardie towerwêreld in die Bosveld waar hy grootgeword het.

PG Hendrik is die skuilnaam van Pieter Pistorius.

Out of stock

SKU: FIKSIE.NAU.001/5/21 Category:

Description

Uitgegee deur Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1974

Geïllustreer deur Cora Coetzee

Bekroon met die Jochem van Bruggen-prys vir Prosa, 1973